Ons is gefokus daarop om ‘n volhoubare opbrengsverhoging vir elke klient te skep,
deur doelgerigte aanbevelings en kwaliteit produkte.
Ons Visie
Fertilcrop is n dinamiese span wat fokus op die boer se behoefte. Ons mikpunt is om die potensiaal van ons klient se boedery te identifiseer en deur kundige besluite te neem , die maksimum waarde per hektaar te verkry.
Ons Waardes
Integriteit
Ons skoei onsself daarop om net besigheid op ‘n etiese en verantwoordelike wyse te doen, deur eerlikheid en goeie komunikasie te handhaaf.
Verantwoordelikheid
Ons maak verantwoordelike kundige besluite tov jou boerdery. Ons neem die boer se belang in ag.
Respek
Ons respekteer elke klient as n individu. Ons heg waarde aan die verhouding tussen ons en ons klient. Daarom voorsien ons slegs Hoe kwaliteit produkte en diens.